Met die griepseisoen en ’n moontlike vyfde golf van Covid-19 wat dreig, word mense daaraan herinner dat die voorkoming van siektes dikwels in hul eie hande is. Goeie handhigiëne kan voorkom dat jy sekere aansteeklike siektes opdoen. Met Wêreld Dag vir Handhigiëne wat 5 Mei gevier is, het Priscilla Mothebedi, ’n berader van Boland-hospies, besoekers aan Montagu-kliniek herinner hoe om deeglik hande te was. Gebruik water en seep