Die Malmesbury-museum bied ’n amateur fotografie-uitstalling aan van 6 tot 13 November.

Die tema is Swartland Landskap. Enige amateurfotograaf (leerders of volwassenes) kan temawerke inskryf vir die uitstalling.

Fotograwe mag ’n maksimum van drie geraamde of gemonteerde werke inskryf. Groottes moet wissel tussen 200 mm x 200 mm en A2 (420 mm x 594 mm).

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 2 November. Vir navrae of om in te skryf, bel vir Christine by die Malmesbury-museum op weeksdae tussen 09:00 en 13:00 by 022 432 2332

You need to be Logged In to leave a comment.