Hou by instansies se reëls, pleit leser

Aan almal wat al ’n pasiënt by die Bergsig-kliniek op Robertson was: Hierdie brief gaan oor die wyse waarop sommige van ons ander op ’n verkeerde manier aanspreek of op ’n verkeerde manier op situasies reageer. Dit geld veral wanneer ’n aanbeveling gemaak word dat ’n pasiënt op ’n ander dag of datum moet kom,…


Aan almal wat al ’n pasiënt by die Bergsig-kliniek op Robertson was:

Hierdie brief gaan oor die wyse waarop sommige van ons ander op ’n verkeerde manier aanspreek of op ’n verkeerde manier op situasies reageer. Dit geld veral wanneer ’n aanbeveling gemaak word dat ’n pasiënt op ’n ander dag of datum moet kom, of om te wag tot dit tyd is om in te kom; dan wil sommige mense nie wag nie, dít terwyl ons almal weet dat diegene wat eerste aangekom het eerste gehelp word.

Dit is ’n feit dat mens feitlik oral in rye staan, of dit nou ’n winkel of enige ander sakeonderneming is. Ek vra maar altyd by besighede watter kant die ry is.

By die kliniek word die suster altyd beskuldig. Dít terwyl daar reëls is. Reëls wat gehoorsaam moet word.

’n Bejaarde dame het eendag by my gekla dat die suster lelik met die mense gepraat het, dít terwyl sy hulle net gevra het om bietjie eenkant toe te staan sodat ander mense verby kan kom, soos die reëls bepaal. Nog een het weer lelik gevloek toe ’n suster gesê het pasiënte kan inkom, buiten dié wat nie afsprake gehad het nie. Toe wil sy nie haar beurt afwag nie.

In Kaapstad het ek gesien en sélf beleef hoe mense soms tot op die sypaadjies staan en wag. As ons almal geduldig, gehoorsaam, gemanierd en vriendelik is terwyl ons wag sal die hele wêreld reg wees, want dit is so goed soos ’n gebed. Gebed is die sleutel van die Hemel, maar geloof sluit die deur oop.

Let us thank our dear Lord for the new life He has given us. When we get up in the mornings, the Lord is here.

When we eat or sleep, He is here. When we do our daily work, He is here. When we take a nap, He is here. When we go to sleep at night, He is here. When we cook or read, He is here. When we are sad or happy, He is here.

The Lord is here very minute of the day and we must praise the Lord for always being here because the happiness it brings, always gives you a special lift and you realise that friendship is God’s most perfect gift; a gift of love.

Let us thank God for the wonderful fellowship between us

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.