Ek wil graag vir die inwoners van Robertson en omliggende dorpe inlig oor wat skuldberading behels.

Ek is vanaf 2010 die skuldberader op Robertson, met twee dames wat saam met my werk. Ons is hier om ’n absolute voortreflike en lewensveranderende diens vir ons mense te lewer.

Skuldberading is ’n absolute reddingsgordel as jy in finansiële probleme vasgevang is. Dis ’n tydelike proses waar jy nie op ITC geplaas word nie (swartlys). Sodra jou skuld klaar betaal is, word ’n klaringsertifikaat uitgereik en jou naam word binne vyf werksdae van die kredietburo’s afgehaal . Jou naam is heeltemal skoon en jy kan weer skuld aangaan.

Sou ’n persoon uit skuldberading wil uitgaan voordat sy skulde heeltemal afbetaal is, gaan die saak weer hof toe en ons reik ’n “Rescission Order” uit. Dit beteken ’n opheffingsbevel word uitgereik en jou naam is ook binne vyf werksdae skoon.

Ons by Debt Eeeze tel al jou paaiemente wat jy per maand op jou skuld moet betaal bymekaar en bied die krediteure tussen 40% en 55% van jou oorspronklike betaling aan. As jou betaling vir skuld byvoorbeeld R2 000 per maand is, bied ons vir jou krediteure R800 aan. Ons kyk natuurlik ook dat die tydperk van afbetaling binne die toelaatbare grense is.

Jy as kliënt gaan nie self hof toe nie. Ons doen al die onderhandelings en ook die voorbereidings vir die verkryging van saaknommers, ter rolle plasing en handig die volledige aansoeke by ons prokureurs in, wat jou verteenwoordig.

Wat van koste? Die koste word individueel bepaal en word met die eerste twee maande se paaiemente betaal. Vanaf die derde maand word die krediteure betaal deur die “Payment Distribution Agent” wat die Nasionale Kredietreguleerder aangestel het.

As jy ’n e-posadres het, kry jy elke maand ’n staat wat die betalings aan die krediteure wys, asook jou balanse. Sodra een rekening klaar betaal is, word die paaiement ten opsigte van daardie rekening by ’n volgende rekening gevoeg en jou skuld word vinniger afbetaal.

Skuldberading is 100% suksesvol, maar dan moet die aansoeker sy kant bring. Dit sluit in dat jy eerlik is aangaande al jou inkomste en uitgawes, enige byvoegings of nodige dokumente soos vereis deur die skuldberader binne 10 werksdae inhandig en elke maand jou volle verlaagde paaiement betaal. Dit verhoed dat die krediteure beslag lê op jou bates, jou oorhandig aan prokureurs of jou dagvaar.

Bel gerus vir ’n afspraak of SMS ‘SKULD’ na 023 626 4991, 072 199 7077, 082 387 3702 of e-pos ons by debteeeze@yahoo.com

You need to be Logged In to leave a comment.