YZERFONTEIN – Aandag alle junior hengelaars en entoesiaste. Die Yzerfontein Boot-hengelklub bied vanaf 3 tot 5 Julie ’n hengelkliniek aan.
Kinders tussen ses en 12 jaar oud kan aan die kliniek deelneem waar alles rakende tegnieke rondom hengel geleer sal word. Die basiese opleiding sluit in veiligheid op bote, hoe om knope te maak, aas aan te sit, inligting oor aas, asook watter vissoorte alles gekry word.
Die kliniek sluit ook ’n uitstappie op ’n boot in waarvandaan vis gevang kan word. Moet dit nie misloop nie.
Skryf nou al in om deel te word van die Yzerfontein Bootklub se junior ontwikkeling. Stuur ’n e-pos na eduardo@cutters.co.za voor 10 Junie