Die skoolskoene vir jou voornemende graadeentjie is reeds gekoop en die skoolklere is splinternuut.

Hoe weet jy of jou kind werklik skoolgereed is?

Die webblad www.kleuters.co.za gee riglyne vir ouers om te toets of hul kind werklik vir skool gereed is.

Skoolgereedheid hou verband met die kind se ontwikkeling op vier vlakke:. sosiale en emosionele ontwikkeling;. perseptuele ontwikkeling;. fisieke of biologiese ontwikkelingsvlak; en. intellektuele ontwikkelingsvlak.

’n Kind se sosiale vaardighede en aanpassingsvermoë bepaal tot ’n groot mate hoe gelukkig die kind by die skool gaan wees. As ’n kind nie in ’n kleuterskool is nie, kan ouers die kind na ’n speelgroepie neem om sosiale vaardighede te ontwikkel.

Ouers kan oplet of hul kleuter maklik maats met die ander kinders kan maak en gemaklik saam met hulle kan speel.

Verbeter skoolgereedheid só:

Arbeidsterapeute bied diens van onskatbare waarde en is opgelei om ’n kind vir skoolgereedheid te toets.

Aansluitend hierby kan dit nodig wees om ’n kind se gehoor en oë te laat toets.

Skryf jou kind vir leesprogramme in en doen navorsing oor hoe om jou kind se vaardighede deur middel van spelterapie en spraakterapie te verbeter.

Wat jy kan doen om jou kleuter te help om taalvaardighede te ontwikkel:. Maak tyd om oor die skool te gesels.. Bevredig jou kleuter se natuurlike nuuskierigheid deur sy of haar vrae volledig te beantwoord.. Ontwikkel ’n liefde vir lees deur die biblioteek gereeld te besoek en help jou kleuter om die boeke te kies wat hy of sy sal geniet.. Ontwikkel ’n voorliefde daarvoor om stories te vertel en moedig hom of haar aan om stories te vertel van sy of haar eie ondervindings.. Lees elke aand wanneer jou kleuter in die bed is, ’n storie voor.. Maak jou kleuter bewus van die alfabet (is dit ’n “b” of ’n “d”?).. Help jou kleuter om woorde te lees (wat is die naam op hierdie etiket?).. Brei jou kleuter se woordeskat met vyf tot tien woorde elke dag uit.. Stel jou kleuter bekend aan die wonder van sinne.. Bron: www.kleuters.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.