Musiekliefhebbers van oraloor kan uitsien na drie dae van musiek wanneer die eerste jaarlikse ClemenGold en Zandvliet Musiekfees op 5 Junie afskop.
Die vermaakspyskaart beloof om iets vir een en elk te bied, selfs die kleingoed.
Die fees skop af met ’n openingskonsert om 18:00 op 5 Junie. Khan Morbee (hoofsanger van die Parletones) en die sanger en liedjieskrywer Luna Paige sal die feestelikheid by Zandvliet inlei.
Saterdag se plesierigheid word met ’n jogasessie om 08:30 afgeskop. Om die jongspan besig te hou sal die Spektrum Kinderteater twee feëverhale gedurende die naweek aanbied. Rooikappie is Saterdagoggend eerste aan die beurt gevolg deur ’n kuiersessie met die gewilde kykNET-karakters Tjiff en Tjaff.
Saterdag se musiekprogram, met die skreeusnaakse Peter Mitchell (beter bekend as Pietman, die Skot) as seremoniemeester, begin om 13:00. Die program sluit van Suid-Afrika se beste talent, waaronder Simon Orange, Luna Paige, Nick Turner, Albert Frost, Gerald Clark en Chris Chameleon in.
Die Sondagprogram begin weer met ’n jogasessie terwyl die jongspan om 09:00 kan naderskuif vir Jan en die Boontjierank. Die feestelikheid sal op ’n hoë noot afgesluit word met die produksie P
eels of Laughter and Barrels of Fun. Die unieke samekoms van talent word aangebied deur die welbekende Lizz Meiring (Bizzie Lizzie) en sluit Heine du Toit (ClemenGold se voedseltegnoloog) en Jacques Cilliers (wynmaker van Zandvliet) in. Hulle stel die gehoor bekend aan spesiaal uitgesoekte ClemenGold-produkte en paar dit met premium Zandvliet-wyne. Chris Chameleon en Luna Paige sorg vir musikale vermaak en plesier.
Kaartjiepryse wissel. Vir pryse en meer inligting, besoek www.clemengold.com/wacky