Hoërskool Dirkie Uys se tennisspanne het die afgelope twee naweke aan toernooie deelgeneem. Verlede naweek het Dirkie Uys die Agnes Pauw-tennistoernooi vir meisiespanne aangebied. HDU was vierde uit 10 skole. Bloemhof het die toernooi gewen. Die afgelope naweek het hulle aan die Bredasdorp tennistoernooi gaan deelneem en derde geëindig uit 12 skole. Bo is HDU se gemengde tennisspan.


HDU-spelers skitter op die tennisbaan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article