Groot pret wag by ‘nuwe’ Bonnievale Fees

Die Bonnievale Fees, voorheen bekend as die Bonnievale Bonanza, is om die draai en buiten ’n nuwe formaat en terrein, kan feesgangers oudergewoonte uitsien na ’n volgepakte feesprogram vir die hele gesin. Die fees, wat nou as die Bonnievale-fees bekend staan, vind van 30 Oktober tot 1 November by Bonnievale se Outdoor Arena plaas en…


Die Bonnievale Fees, voorheen bekend as die Bonnievale Bonanza, is om die draai en buiten ’n nuwe formaat en terrein, kan feesgangers oudergewoonte uitsien na ’n volgepakte feesprogram vir die hele gesin.

Die fees, wat nou as die Bonnievale-fees bekend staan, vind van 30 Oktober tot 1 November by Bonnievale se Outdoor Arena plaas en beloof, trou aan sy aard, om pret vir die hele gesin te bied.

Die Bonnievale Bonanza het sy ontstaan in 1994 gehad met die doel om geld vir die Hoërskool Bonnievale in te samel. Sedert dié eerste fietswedren het die fees van krag tot krag gegaan.

Die fees vier hierdie jaar sy mondigwording met ’n splinternuwe formaat, nadat ’n feeskomitee dit by die hoërskool oorgeneem het.

Die formaat van die fees is só aangepas dat dit nou ’n platform bied aan plaaslike instansies wat finansiering dringend benodig deur ’n produk aan te bied en dan die wins vir hul eie gebruik aan te wend.

Ter voorbereiding van die fees is daar al- reeds van die damme op Outdoor Arena se perseel toegestoot om plek te maak en is gras gelê.

Benewens al die stalletjies sal daar ’n wye verskeidenheid aktiwiteite vir die hele gesin wees. Die fees sal oudergewoonte die Vrydag (30 Oktober) met ’n potjiekoskompetisie afskop.

Saterdag word daar, onder die wakende oog van Dollie die Skaap en Meneer Donkie, weggespring word met bykans alles wat beweeg, van fietse, motorfietse en 4×4’s tot tekkies. Vir die adrenalienslawe is daar die Fear Factor-kompetisie wat hul vreesvlakke gaan beproef.

Sondag word die Westelike Provinsie-varswatervisvangkompetisie gehou en sluit die fees met ’n erediens in die tent af.

Dagtoegang tot die fees kos R60 per persoon. Vir meer inligting, besoek die feesblad by www.bonnievalefees.co.za

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.