Ons het Donderdag 12 Mei in die vroeë oggendure wakker geword met ’n gedeelte van ons plaashuis aan die brand.
Ons wil net graag van die geleentheid gebruik maak om ’n baie groot dankie te sê aan Malmesbury se brandweer. Ons is omtrent 10 km uit die dorp en hulle was baie vinnig op die toneel. Hulle het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Sonder hul bekwaamheid en gedissiplineerde werkswyse sou die skade gewis baie groter gewees het. Dit skep baie gemoedsrus om nou te weet as die nood druk, is iemand beskikbaar wat soos hulle hul beste sal lewer om te help.
Ons wil graag die volgende mense uitsonder: Ryno van Harte (pelotonbevelvoerder), en die brandweermanne M. Kaptein, G. Swart, R. Leukes, J. Oor, B. Pienaar, S. Williams en D. Maduna. Nogmaals baie dankie!