Liefhebbers van die geskrewe woord kan uitsien na vier dae van literêre feestelikheid wanneer die McGregor Gedigtefees eersdaags afskop.
Die tema van vanjaar se fees is Groeiseisoen van Poësie en soos altyd sal daar van venues regoor die dorp gebruik gemaak word wat feesgangers die geleentheid gee om kuier-kuier die dorp te besigtig.
Die volgepakte program van 27-30 Augustus sluit onder meer in voorlesings en voordrag deur van Suid-Afrika se bekendste digters, asook nuwe, jong en opkomende talent, aanbiedings aan hoër- en laerskoolleerders, Oopmond Bekgevegte (maak jou eie verse), Oop Mikrofoonsessies, straatmusikante en -digters, filmvertonings, musiek, dansvertonings en kunsuitstallings.
Die organiseerders beoog ook ’n kompetisie vir jong digters van die Breederiviervallei, waaroor meer besonderhede bekend gemaak sal word.
Vir navrae, bel die feesorganiseerder, Jennifer Johnson, by 023 625 1908 of 084 675 1164 of stuur ’n e-pos na info@mcgregorpoetryfestival.co.za. Vir meer inligting oor wat alles by die fees te sien gaan wees, besoek www.mcgregorpoetryfestival.co.za. Kaartjies is by Computicket beskikbaar