Graanprodusente onder druk

Graan SA se eerste streeksvergadering het die afgelope Dinsdagoggend (28 Januarie) in Moorreesburg met ’n volgepakte saal produsente en rolspelers in die plaaslike graanbedryf begin en waartydens gesprekke grootliks rondom die ekonomiese druk waarond


Graan SA se eerste streeksvergadering het die afgelope Dinsdagoggend (28 Januarie) in Moorreesburg met ’n volgepakte saal produsente en rolspelers in die plaaslike graanbedryf begin en waartydens gesprekke grootliks rondom die ekonomiese druk waaronder koringboere verkeer, gedraai het.

Die streeksverteenwoordiger, André Kirsten, wat die tuig aan die einde van sy termyn vanjaar sal neerlê, sê die geleentheid het as ’n inligtingsessie gedien waartydens Graan SA onder meer die afgelope jaar se werksaamhede aan produsente oorgedra het. “Die fokus van die vergadering het hoofsaaklik geval op die ekonomie van die koringbedryf, waar geweldige druk gevoel word.

Produsente het dit duidelik aan die verteenwoordigers van Graan SA gestel dat die tyd vir die voortbestaan van volhoubare graanprodusente min is.

Volgens Kirsten is verder gefokus op die uitdagings wat die bedryf ervaar rakende die tariewe op ingevoerde koring en die tyd (82 dae) wat dit neem om die tariewe in te stel, asook op die tariewe wat die staat ingestel het juis om boere te beskerm wanneer koringpryse te laag daal, maar nie hul werk doen nie.

“Gedurende daardie proses het die boere dié seisoen R260 miljoen verloor. Ons moet nou iets doen om die boere te beskerm, maar dit moet sinvol gedoen word,” het Kirsten bygevoeg.

Volgens hom is daar wel nie nou iets in die pyplyn wat die koringprys betref nie, maar produsente meen hulle sal dit nie vanjaar kan bekostig om te plant indien die koringprys by die R5 000/ton is nie.

Produsente was dit eens dat die saal waar die vergadering aangebied is, binne ’n jaar se tyd halfvol sal wees indien die bedryf nie ’n draaipunt bereik nie.

Volgens die produsent Jacques Bester is daar nie meer tyd nie.

“Die koringbedryf is op sy knieë en kort ’n vinnige, daadwerklike verandering.”

Verdere druk is op die organisasie geplaas om gewig agter hul pogings te gooi om die minister van landbou en betrokke rolspelers in die regering so gou as moontlik om ’n tafel te kry.

Kirsten het na afloop van die vergadering gesê [plaaslike produsente moet] die feit in ag neem dat hulle (Graan SA) nie die minister van landbou kan dwing om na die Swartland te kom nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.