Die Montagu-gemeenskapspolisiëringsforum het die volgende kennisgewing uitgestuur: “Dit is onder die Montagu-GPF se aandag gebring deur die gemeenskap van Montagu dat daar misverstand is oor die Montagu-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) wat verband hou met die Montagu-gemeenskapsforum (MGF). Die Montagu-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is nie aan die nuutgestigte Montagu-gemeenskapsforum (MGF) geaffilieer nie.
Montagu GPF is ’n organisasie wat saam met buurtwagte, die SAPD, wetstoepassing, verkeer en ander organisasies werk; hulle moedig Montagu-inwoners aan om by hul buurtwag-groepe betrokke te raak.
Welgedaan aan die MGF wat die inisiatief geneem het om meer individue by Montagu se veiligheid en misdaadvoorkoming betrokke te kry. Ons sien daarna uit om in die toekoms saam met julle te werk.
Volg ons Facebook-blad: Montagu CPF: Community Police Forum, vir GPF-opdaterings.