GPF en buurtwag gaan leiers verkies

Goodwood se buurtwag kies op Woensdag 4 Mei ’n nuwe voorsitter ná die dood verlede maand van Vic Barra.


Goodwood se buurtwag kies op Woensdag 4 Mei ’n nuwe voorsitter ná die dood verlede maand van Vic Barra.

Hy het die pos van beide voorsitter van die buurtwag, sowel as ondervoorsitter van die gemeenskapspolisieforum (GPF), beklee.

Volgens John Ross, voorsitter van die Goodwood-GPF, gaan die buurtwag en GPF elk hul eie verkiesing hou.

Die nominasies sal deur die buurtwaglede en GPF-organisasies afsonderlik gedoen word.

Hoewel die Goodwood-GPF nog nie ’n datum het vir sy verkiesing nie, sal die buurtwag se verkiesing op 4 Mei wees.

Die rol van die voorsitter van die buurtwag is om in beheer te wees en die patrolleerders in hul gebied te bestuur.

Die rol van die ondervoorsitter is om in te staan wanneer die voorsitter onbeskikbaar is vir besluitneming.

Barra het sewe jaar in sy onderskeie poste gedien en met talle gesogte pryse weggestap.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.