Goue Aar kry nuwe bestuurder

MALMESBURY – Gebore Kapenaar, Louw van der Merwe, is sedert Januarie die nuwe bestuurder by die Goue Aar tehuis vir bejaardes in Wesbank. Louw kom van ’n bankwese agtergrond met ondervinding van eiendomsfinansiering, verhurings en was tot onlangs betrokke by die bestuur van deeltitelskemas. Hy het aan die begin van 2015 by Badisa aangesluit as…


Louw van der Merwe in sy kantoor by die Goue Aar tehuis vir bejaardes.

Foto: lizette smit

MALMESBURY – Gebore Kapenaar, Louw van der Merwe, is sedert Januarie die nuwe bestuurder by die Goue Aar tehuis vir bejaardes in Wesbank.

Louw kom van ’n bankwese agtergrond met ondervinding van eiendomsfinansiering, verhurings en was tot onlangs betrokke by die bestuur van deeltitelskemas.

Hy het aan die begin van 2015 by Badisa aangesluit as programbestuurder. Hy is getroud met Ronalda, wat ook ’n bestuurder is van groot korporatiewe kleinhandel-instellings. Hy terg hoe hulle nie kinders het nie, maar wel baie peetkinders.

Louw hou van sport en speel graag gholf om te ontspan. Hy is gaande oor die buitelewe, reis graag en het gereeld ’n boek in die hand.

Hy sê hy voel geroepe vir die taak as bestuurder by Goue Aar, “ek is deeglik bewus van die taak wat vir my voorlê. Met die hulp van die hemelse Vader sal ons daarin slaag om ’n regte tuiste te skep vir elke inwoner van Goue Aar. Die beheerraad, personeel en gemeenskap het my met ope arms ontvang. Ek is trots om verbind te wees met Goue Aar,” het hy verlede week gesê

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.