Toe die plaaslike veearts dr. Andries Groenewald die Goliat van Gat-plantprojek in Oktober verlede jaar begin het, was die doel om gemoedere te lig ná die skade en hartseer wat Covid-19 aangerig het. Pampoenpitverkope by Swartland-Noord se kerkbasaar het die kompetisiegees in menige manne- en vroueharte laat opspring en ’n klompie groenvingers het begin plant. Van April af kon die pampoenboere hul bevindinge en foto’s op ’n WhatsApp-groep met mekaar deel. Janus le Roux (foto) van die plaas Rooidraai buite Malmesbury met dié pampoen wat 49,9kg geweeg het. Lees die berig op bl.3 Foto: Sarie Nell