Gewilde talentkompetisie weer aangebied

Suid-Afrika se opkomende jong akteurs wat aan vanjaar se derde Dramaweb SA aanlyn kompetisie gaan deelneem, moet die veters vasmaak en hul hare agteroor kam, want die pryse vir 2022 se talentkompetisie gaan hulle soos ’n stormwind tref!.


Suid-Afrika se opkomende jong akteurs wat aan vanjaar se derde Dramaweb SA aanlyn kompetisie gaan deelneem, moet die veters vasmaak en hul hare agteroor kam, want die pryse vir 2022 se talentkompetisie gaan hulle soos ’n stormwind tref!

Hierdie gewilde aanlyn kompetisie, wat in 2020 tydens die grendeltyd deur die akteurs Ira Blanckenberg en Waldemar Schultz van stapel gestuur is om die jeug te inspireer en in teaterkuns en drama op te lei, word vanjaar in samewerking met die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) aangebied en sal voortaan as die KKNK Dramaweb SA bekendstaan.

Vir hul deelname staan die inskrywers nie net die kans om hul talent te slyp en teenoor hul eweknieë landswyd deel te neem nie, maar hulle kan ook van vanjaar se opwindende pryse wen.

Dit sluit in: Twee hover boards asook geskenkbewyse van Bargain Books, Yokico, Vida e caffè, Wimpy, Revlon, N1 City Mall, Exclusive Brands Online en vele meer – met ’n algehele waarde van R20 000!

Inskrywings vir KKNK Dramaweb SA is reeds oop.

Alle inligting oor inskrywingskostes, video-opnames, spertye, deelnemers se taalvoorkeur, afdelings waarin hulle sal kan deelneem, en aanlyn ondersteuning wat tydens die kompetisie aan hulle beskikbaar sal wees, kan by www.dramawebsa.co.za gevind word.

Belangstellendes kan ook Dramaweb SA of die KKNK se webblad by www.kknk.co.za gaan besoek.

Hulle kan ook Daventia Kennedy by 044 203 8600 kontak, of e-pos stuur na info@dramawebsa.co.za.

Blanckenberg is ook beskikbaar vir raad en ondersteuning by ira@dramawebsa.co.za.

Die KKNK word ondersteun deur Absa en Media24, met addisionele steun van die Het Jan Marais Nationale Fonds, die Wes-Kaapse Regering se Departement vir Kultuursake en Sport, asook die Oudtshoorn-munisipaliteit, Business and Arts South Africa (BASA) en die Jannie Mouton-stigting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.