Daai twee rylopers (werker en werkster) van Pine View, Grabouw (as hulle ooit is as wie hulle hulsef voorgegee het), wat ek ’n geleentheid vanaf Palmietbrug, in die dorp, tot by die afdraai by Viljoenshoop gegee het, wat my selfoon gesteel het, ek waardeer dit baie.
Om te dink ek en my vrou het ons ontferm oor julle wat jul vragmotor verpas het en graag by die werk wou uitkom soos julle gesê het.
Dan vertel jy (vrou) nog hoe sleg die mense is wat julle ken, maar nie wou oplaai nie. Nou besef ek waarom die mense julle verbygery het, omdat hulle julle dalk ken as grypdiewe.
Om te dink my selfoon lê tussen die twee sitplekke. Pla niemand, maar dit pla jou as ryloper om dit te neem. Gelukkig was my beursie in die paneelkassie, want waarmee sou ek die tandarts betaal het, as dit gesteel moes gewees het?
Dit het vir my sentimentele waarde, omdat my seun se skoonsuster se matriekfoto’s daarop is, wat ons nog op CD moes sit.
Ek vra u dus vriendelik om net my “memory card” in ’n koevert te plaas en dit onder deur die deur van dr. Spies, tandarts in Hoogstraat 10, Grabouw, se spreekkamer te gaan plaas. U kan die selfoon hou, maar asseblief my “ memory card” is waardevol vir die familie. Skryf op die koevert, J.M.W, Hawston. Groot asseblief.
Ek het my voorgeneem dat ek nooit weer rylopers sal oplaai nie.
Ek wil ook ander waarsku om maar “alert” te wees vir rylopers tussen Botrivier en Grabouw. Daarmee bedoel ek nie almal is skelms nie