Gesoek: Afrigters met passie

Die All Saints-rugbyklub in Somerset-Wes is op soek na ’n hoofafrigter en afrigters vir die 2022-klubrugbyseisoen.


Die All Saints-rugbyklub in Somerset-Wes is op soek na ’n hoofafrigter en afrigters vir die 2022-klubrugbyseisoen.

Die klub, wat sy rugby in Superliga B van die Westelike Provinsie se rugbyvoetbalunie speel, se tuisveld is by die Helderzicht-sportterrein op die hoek van De Beerlaan en die N2-hoofweg. All Saints streef daarna om in die Superliga A te speel en beskik oor drie senior- en een o.20-span.

Die vereistes vir afrigters is: ’n passie vir rugby en leerbare ingesteldheid; relevante kwalifikasies in afrigting; diepgaande rugbykennis, ondervinding as afrigter; die vermoë om waardes soos dissipline, werksetiek en trots nougeset toe te pas; tweetaligheid (Afrikaans en Engels); beskik oor goeie beplanning; kan as lid van ’n span saamwerk met leerbare ingesteldheid; en ’n positiewe gesindheid

Belangstellendes moet teen Dinsdag 25 Januarie hul CV’s aan Sylvia Wildschut, die klubsekretaris, by allsaintsrfca@gmail.com stuur. . Bel Wilschut by 082 908 2407 vir nog inligting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.