Mense is sosiale wesens wat die geselskap en samesyn met ander mense soek. Ons is nie gemaak om alleen te wees nie en selfs die introverte en kluisenaar-tipes onder ons, sal erken dat hul soms die geselskap van mense nodig het.
Die gesellige samesyn tydens Saterdag se ploegdag waar tradisie en kuier hand aan hand gaan, was weer eens ter herinnering daaraan.
Marius Smuts sê die fokus van die nuwe radiostasie, PerronFM, is gemeenskap en hoe ons mekaar kan help om saam ’n beter en sterker gemeenskap te kan word.
Daar is al so baie oor die beginsels van ubuntu gepraat, dat dit byna ’n cliché geword het, maar dit bly ’n belangrike begrip vir ons gemeenskap.
Ons menswees en medelye en ontferming met ander mense.
Smuts het ’n belangrike woord genoem wat aansluit by ubuntu: inklusiwiteit. Om nie ander mense vir watter rede ook al, uit te sluit nie.
Dit is nie opbouend nie en as ons vir tannie Lydia le Roux kan glo, wat onlangs haar 90ste verjaarsdag gevier het, is afgesonder wees ongesond en nie ter bevordering van ’n lang lewe nie