‘Geniale pianis’ Gustavo Romero in Darling

Die Darling Music Experience verwelkom Gustavo Romero, die “Geniale pianis”, in hul nuwe reeks kleinkonserte. Die musiekprogram met uitvoerings deur nasionale en internasionale solokunstenaars en klein ensembles is altyd van uitstaande gehalte.

Die organiseerders se doel is om plesier te gee en te vermaak sonder om die gehalte van die musiek in te boet en mik op ou en jong gehore.

Die volgende geleentheid is op Vrydag 28 Maart om 18:00 by die pragtige Presbiteriaanse Kerk in Darling.

Romero, die bekende Amerikaanse/Mexikaanse konsertpianis, sal ’n program van Chopin uitvoer. Romero het wêreldwyd ’n bekroonde reputasie verwerf vir sy toewyding tot indiepte verkenning van ’n wye verskeidenheid komponiste. Hy het die werke van Bach, Beethoven, Brahms, Haydn, Liszt, Mozart Schumann en Suid-Afrika se eie Hendrik Hofmeyr aangebied, om net ’n paar te noem. Konserttoere het hom na Frankryk, Engeland, Duitsland, Spanje, Japan en die VSA geneem. Van sy opnames is Chopin, Debussy, Albeniz, Mompou, Scarlatti en, saam met die Britse Kamerorkes ook die vyf Beethoven-konserte.

Kaartjies vir die geleentheid in Darling teen R130 is op Quicket beskikbaar.. Inkomste uit verkope gaan na “Darling Music for All” (DMA).

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.