Somerset-Wes Metodiste Primêre Skool het Vrydag 25 Maart van sy skoolhoof, Wilbur Hindley, afskeid geneem. Familie, vriende en kollegas het met ’n groot affêre by La Pineta-restaurant bymekaar gekom om die einde van ’n era te vier, asook vir Hindley wat 40 jaar van voorbeeldige diens aan een van die oudste skole in die Helderberg toegewy het. Die gerespekteerde skoolleier het by die geleentheid in hierdie spef Lotus-voertuig opgedaag. Foto’s: Jamey Gordon