Die gemeenskap van Malmesbury is in skok en rou gedompel nadat die geliefde Rinkwest-egpaar van
Langstraat enkele ure na mekaar gesterf het. Beide het teen
Covid-19 gestry.

Ray Rinkwest (56)
het Sondagaand 4 Julie in Tygerberg-hospitaal gesterf, terwyl haar man Cheslin
(63) die volgende middag in die Paarl-hospitaal oorlede is. Hulle laat drie
jong volwasse kinders agter.

Cheslin se
werkgewer van die laaste 14 jaar, Jaco Cotter, sê oor hom: “Hy was getrou,
lojaal, eerlik, vriendelik, met ‘n hart van goud. Ches het nooit gekla nie. Hy
was ‘n vriend. Ons paadjies het in 2007 gekruis toe hy as buurman vir ons die
winkel kom hanteer het. Ek weet nie hoe ons die gat wat hy agterlaat, gaan
toekry nie. Ons harte is baie seer vandag!”

Die egpaar se
kinders onthou hul ma se liefde vir gedigte skryf, hul pa se vreugde wanneer hy
met sy ghitaar begin musiek maak. Sy bure onthou die man wat altyd geglimlag
het en volgens facebook-inskrywings onthou kliënte by Cheslin se werk hom as
vriendelik, altyd behulpsaam en ‘n ware ensiklopedie as dit kom by elektriese
onderdele.

Cheslin Rinkwest
stam uit ‘n familie wat reeds agt generasies lank in die Swartland woon. Sy
ouer broer is die
oudhedekenner Trevor Rinkwest.

You need to be Logged In to leave a comment.