Nooddienste is vroeër Maandagmiddag (12 Mei ) na ‘n ongelukstoneel op die N7 buite Malmesbury rigting Kaapstad ontbied waarin ‘n skoolbus wat kinders vervoer het, betrokke was.
Volgens sers. Henry du Rand, ‘n plaaslike polisiewoordvoerder, het ‘n JoJo-tenk na bewering van ‘n bakkie se sleepwa afgekom en voor die bus, wat skoolkinders vervoer het, beland.
Die ongeluk is kort voor 15:00 aangemeld. DIt is nog onduidelik hoeveel kinders ten tye van die voorval op die bus was. Du Rand het bevestig dat nie die bestuurder of enige van die kinders beseer is nie. Die bus het wel taamlike skade opgedoen.

You must be logged in to post a comment.