Gedigtefees ’n egte kuierfees

Die McGregor Gedigtefees word vanjaar oor vier dae aangebied en beloof om weer ’n gesellige, eg plattelandse kuierfees te wees, deur strate, op sypaadjies, klein intieme teater, restaurante, kuierplekke, huise, amfiteater en ander interessante venues. Kom geniet hierdie Groeiseisoen van Poësie saam met die digters en ander liefhebbers van die kunsvorm tydens dié gewilde fees…


Die McGregor Gedigtefees word vanjaar oor vier dae aangebied en beloof om weer ’n gesellige, eg plattelandse kuierfees te wees, deur strate, op sypaadjies, klein intieme teater, restaurante, kuierplekke, huise, amfiteater en ander interessante venues.

Kom geniet hierdie Groeiseisoen van Poësie saam met die digters en ander liefhebbers van die kunsvorm tydens dié gewilde fees wat van 27-30 Augustus aangebied sal word.

Die volgepakte program sluit onder meer in voorlesings en voordrag deur van Suid-Afrika se bekendste digters asook nuwe, jong en opkomende talent, aanbiedings aan hoër- en laerskoolleerders, Oopmond Bekgevegte (maak jou eie verse), Oop Mikrofoonsessies, straatmusikante en -digters, filmvertonings, musiek, dansvertonings en kunsuitstallings.

Vir navrae, bel die feesorganiseerder, Jennifer Johnson, by 023 625 1908 of 084 675 1164 of stuur ’n e-pos na info@mcgregorpoetryfestival.co.za.

Vir meer inligting oor wat alles by die fees te sien gaan wees, besoek www.mcgregorpoetryfestival.co.za.

Kaartjies by Computicket.

Akkommodasie: McGregor Toerisme info@tourismmcgregor.co.za / 023 625 1954

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.