Gebede wat resultate lewer

As ons resultate wil sien op ons gebede, is dit belangrik dat ons voldoen aan die vereistes van die Woord van God. As ons dink aan gebed dan dink ons outomaties aan geloof, want God sê in Hebr.11:6 dat ons met geloof moet bid en dat ons nie reaksie van God moet verwag as ons…


As ons resultate wil sien op ons gebede, is dit belangrik dat ons voldoen aan die vereistes van die Woord van God. As ons dink aan gebed dan dink ons outomaties aan geloof, want God sê in Hebr.11:6 dat ons met geloof moet bid en dat ons nie reaksie van God moet verwag as ons met ongeloof bid nie. Ons moet dus weet dat God ’n beloner is van die wat Hom soek.

Ek moet met onselfsugtigheid bid. My gebede moet nie net om myself draai nie, maar ek moet eerstens vir ander se behoeftes bid en dan vir my eie. My gebede moet vurig wees. Joh.5:16 “Die vurige gebed van die regverdige het groot krag.” Vurige, doelgerigte gebede dra baie krag.

Ek moet met ongeveinsdheid bid, met ander woorde, met ’n opregte hart en my dade moet nie my woorde verloën nie. Verder moet ek met ’n skoon gewete bid. Wanneer my hart my nie veroordeel nie, kan ek met vrymoedigheid na God gaan. 1Joh.3:21-22.

Dis baie belangrik dat ek ander mense vergewe en gevoelens met hulle regstel. Onvergewensgesindheid is een van die hoof redes waarom mense se gebede nie beantwoord word nie.

Volharding speel ’n groot rol in die beantwoording van gebed. Ek moet nie moedeloos word nie maar aanhou om God te vertrou. Op die regte tyd sal die antwoord kom.

Laastens is dit soms nodig dat ons in barensweë bid. Gal.4:19. Dit beteken om met intensiteit, met energie en krag tot God te roep. Hierdie tipe gebed is baie uitputtend, maar dit lewer resultate.

Mag die Here jou seën in hierdie week

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.