Angels SA van Mitchell’s Plain het Saterdag 18 Desember ’n ete vir die bejaarde inwoners van Darling gehou – ’n feestelike geleentheid met die vure wat aangesteek is vir ’n hoenderbraai asook heerlike tradisionele Moslem-geregte wat voorgesit is. Verskillende opvoerings is deur die kadette gehou en “elfies” het geskenke aan elke inwoner uitgedeel. Harold Cleophas, Swartland se uitvoerende burgemeester, en sy vrou, Zuraidah, asook die Speaker, Michael Rangasamy, en Estelle Maart, ’n vorige raadslid, was ook by die geselligheid. Die organisasie het die kinders van Darling ook verlede jaar bederf.