Elrico Linnert (links), ’n speler van die Flying Eagles-rugbyklub, is onlangs in die Boland- o.20-span opgeneem. Die span het Vrydag 8 April in George teen SWD se o.20’s kragte gemeet. Die bestuur van Flying Eagles beskryf Linnert as ’n jongman wat hard op die veld werk en getrou oefeninge bywoon. Hulle wens hom geluk met dié besonderse prestasie. Saam met Linnert staan Gaylinth Hansen, ondervoorsitter van die klub.