Dux-leerders vereer

Laerskoolleerders uit die hele Swartland-streek wat as hul skool se Dux-leerling van die jaar aangewys is, het Woensdagaand (4 Desember) ’n spesiale prysuitdeling­seremonie, aangebied deur die Swartland-munisipaliteit, bygewoon waartydens gelukwense


Laerskoolleerders uit die hele Swartland-streek wat as hul skool se Dux-leerling van die jaar aangewys is, het Woensdagaand (4 Desember) ’n spesiale prysuitdeling­seremonie, aangebied deur die Swartland-munisipaliteit, bygewoon waartydens gelukwense aan hulle oorgedra is.

Die leerders het gedurende dié spoggeleentheid ’n medalje en ’n sertifikaat vir hul harde werk ontvang, wat deur die uitvoerende burgemeester van die Swartland, die raadsheer Harold Cleophas en die raadslid Desiree Bess oorhandig is.

Die Dux-leerders is: Singawo Pulumani, Nashwin Diedericks, Jacobus Petrus Huysamer Brand, Tamzin Ruiters, Temecke Smith, Jane Diedericks, Nathlene Peters, Chanèl Kleinhans, Lineetha Warrenick, Anja Nero Jade Leen Booysen, Ruvimbo Chantel Chimbadzo, Taryn Cleophas, Melvino Marang, Ilze Tities, Sadia Seldon, Luan Retief, Alicia Solomon, Elnique Farao, Tasmia Theunissen, Tracey Elaine Zwaan, Jayden Witbooi, Chantell Booizen, Lisahlumisa Sivile, Mpendulo Maila, Sharif Mushaan Warnick en Elzaan Lukas.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.