Doen jou deel en maak ’n ‘Bibberpakkie’

Cynthia Slingers se projek om 70 bederfpakkies in te samel vir verwaarloosde kinders met wie sy en opgeleide traumaberaders gereeld kontak het, se sperdatum kruip vinnig nader.


Cynthia Slingers se projek om 70 bederfpakkies in te samel vir verwaarloosde kinders met wie sy en opgeleide traumaberaders gereeld kontak het, se sperdatum kruip vinnig nader.

Slingers, bekend vir haar welsynsinisiatiewe in Malmesbury, maar ook veel wyer, beoog om die “Bibberpakkies” op Jeugdag (16 Junie) uit te deel. Mense wat graag ’n verwaarloosde kind deur die winterkoue wil ondersteun, kan tot Maandag 13 Junie ’n bederfpakkie by een van die twee Malmesbury-biblioteke afgee.

Die inhoud van elke pakkie bestaan uit ’n kombers, mussie, sokkies en ’n boksie kitssop.

Skryf asseblief bo-op die pakkie of die inhoud bedoel is vir ’n seun of meisie en watter grootte sokkies en mussie in die houer verpak is: groot, medium of klein.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.