Dit hoef nie persoonlik te wees nie

Ons gaan nie saamstem oor alles nie. Om die waarheid te sê, het baie mense sterk opinies oor verskillende kwessies en dit moet so wees. Dis beter om ’n opinie te hê as om met enige stroom meegesleur te word. Dis interessant om verskillende menings te hoor en op sosiale media is die poel lekker…


Ons gaan nie saamstem oor alles nie. Om die waarheid te sê, het baie mense sterk opinies oor verskillende kwessies en dit moet so wees. Dis beter om ’n opinie te hê as om met enige stroom meegesleur te word.

Dis interessant om verskillende menings te hoor en op sosiale media is die poel lekker groot.

Die internet en sosiale media het baie voordele. Die nadele is egter dat mense glo hulle kan ander mense persoonlik aanval met beledigings en aantygings wat grens aan laster, of as niks anders as laster beskryf kan word nie.

Soms moet ons saamstem dat ons nooit sal saamstem nie, maar verdraagsaamheid en respek vir ’n mede-inwoner se mening is nie te veel gevra nie.

Kwessies van ’n godsdienstige of politieke aard het ’n geneigdheid om mense se bloeddruk die hoogte te laat inskiet.

Die Charlie Charlie-speletjie waaroor verlede week so baie gepraat is, is ’n voorbeeld. Daar sal sekerlik soveel menings wees as wat daar inwoners in die Swartland is.

Dis lekker om na mense se menings te luister en te lees, maar dit laat ’n wrang smaak in die mond wanneer dinge persoonlik raak.

Volgende jaar is verkiesingstyd en daar sal sekerlik in aanloop tot die verkiesing heelparty se gemoedere vlamvat.

Laat ons solank oefen om verdraagsaam te wees. Daar kan by mekaar geleer word as ons bereid is om eers mooi te luister en dan menings te gee sonder om persoonlik te raak

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.