Die Jan Krielskool en Food Lover’s Market bied op Saterdag 7 September weer die gewilde Tekkie Challenge-wedlope aan.
Hierdie is die ideale geleentheid om die lente in te wy en jou winterlyf ’n hupstoot te gee.
Boonop word die wedlope ten bate van kinders met leer- en fisieke gestremdhede aangebied.
Die Jan Krielskool se laerskoolleerders het onlangs geesdriftig meegeding om te kyk wie die beste plakkaat vir die Tekkie Challenge kan ontwerp.
Pretdrawwers word genooi om met helder kleure aan die “Run in Colour” oor 5 km deel te neem en het ’n kans om ’n geskenkbewys ter waarde van R500 van Food Lover’s Market te wen.
Die 10 km-wedloop, wat ook die enigste “Battle of the Sexes”-wedloop in Afrika is, sowel as die 10-miler (16 km), spog met fantastiese kontantpryse en geskenkbewyse.
Deelnemers wat vooraf ingeskryf het, kan hul wedloopnommers op Vrydag 6 September tussen 14:00 en 18:00 by die Jan Krielskool afhaal of op die oggend van die wedloop vanaf 06:00.
Inskrywings kan ook Saterdag vanaf 06:00 in die skoolsaal gedoen word.
Die eerste wedloop begin om 07:30.
Verversings sal te koop wees. Deelnemers kan ook wonderlike pryse in die gelukstrekking wen.
Toegang tot Jan Kriel se terrein is slegs moontilk vanuit Amandelrylaan.
Besoek www.tekkiechallenge.co.za vir inligting en inskrywings of kontak events@jankriel.co.za met navrae.


