Moeg van ’n vinnige 2015?
Mis die kinders wat oorsee sit of ’n geliefde wat afgesterf het? Die realiteit is dat die lewe vol goed is wat ons moet hanteer, maar ons brand partykeer vas. Soms is dit normale, alledaagse goed wat te veel raak weens lewensdruk. Ander kere is dit spesifieke insidente soos ’n egskeiding, huisbraak of iemand se afsterwe wat jou onkant vang want jy was nie daarop voorbereid nie.
Die lewe het gebeur, wat nou? 22 September sal ds. Marius Breytenbach, Anette Versluis en Rudolph van Schoor gesels oor hoe om die impak wat lewensveranderende omstandighede het op ’n mens se liggaam, emosies en spiritualiteit, te hanteer.
Daar sal ook gekyk word na praktiese dinge wat ’n mens kan doen en strategieë wat gebruik kan word in hierdie situasies.
60 minute, drie kundiges en ’n gemaklike atmosfeer.
Gratis toegang op 22 September om 19:00 by die Stellenberg NG kerk-Eversdal.
Vir besprekings en vir meer inligting kontak Rudolph of Anneke by sos@stellenberg.co.za of 021 976 4519