Die Hut, geleë in Moorreesburg, die hartjie van die Swartland, bied die lekkerste Sondag-buffet met ’n plaasatmosfeer aan.

Enige tipe funksie word hier georganiseer, wat konferensies tot troues, verjaarsdae, korporatiewe funksies en vele meer insluit.

Die onthaal sluit ’n minimum van 30 gaste in.

Die Hut behels twee aparte onthaallokale wat elk gelisensieerd is met ’n dranklisensie.

Daar is tot kapel- en akkommodasie-fasiliteite en alles, van die kos tot die funksies, word self behartig. Die Hut is ’n kindervriendelike plaasopstal met groot, groen grasperke, ’n swembad vir die ideale fotogeleenthede of om by af te koel

You need to be Logged In to leave a comment.