Die Here sal jou lei

Die Woord van God gee heelwat beloftes dat die Here Sy kinders sal lei. As ons toelaat dat die Here ons lei, dan sal ons kanse op sukses baie groter wees as andersins. Jes. 58:11 “En die Here sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak, en…


Die Woord van God gee heelwat beloftes dat die Here Sy kinders sal lei. As ons toelaat dat die Here ons lei, dan sal ons kanse op sukses baie groter wees as andersins. Jes. 58:11 “En die Here sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak, en jy sal wees soos ’n tuin wat goed besproei is en soos ’n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.” Net in hierdie vers alleen is daar groot beloftes van God se voorsiening, maar die voorwaarde is dat jy toelaat dat Hy jou lei.

Baie keer neem ons eers ons eie besluite en wanneer dinge skeefloop, dan eers raadpleeg ons die Here. Voordat Jesus opgevaar het, het Hy beloof om Sy Gees te stuur om ons te lei en leer in alle waarheid. Verder het Jesus ook gesê Sy skape ken Sy stem. Diegene wat Hom dus intens volg sal Sy stem ken en sal deur Hom gelei word. In SA jaag ons die skape aan maar in Israel loop die herder voor die skape uit – die skape word so geleer. Ons moet dus leer om die Herder te volg en nie voor Hom uit te hardloop nie. ’n Skaap wat vooruit hardloop beur gewoonlik in ’n verkeerde rigting.

Die Here beloof ook in Sy Woord dat Hy ondeurgrondelike dinge en toekomstige dinge aan Sy kinders sal bekend maak, aan dié wat hul deur Hom laat lei. God lei ons op allerhande maniere: deur Sy Woord, deur in ons gees in te spreek, deur omstandighede, deur gesigte en visioene en nog baie ander maniere. As ons versigtig die Here volg sal ons vind dat Hy ons in alle omstandighede lei.

Seënwense

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.