Drie van Hoërskool Bonnievale se leerders se skryfwerk sal in die gesogte publikasie Poort gepubliseer word. Die Poort-skryfkompetisie is ’n projek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, met die doel om skeppende skryftalent in Afrikaans by hoërskoolleerders aan te moedig en sodanige kreatiwiteit uiteindelik te waardeer en aan ’n groter gehoor bloot te stel. Van links is Heinrich Wentzel (gr. 12), Carli Erasmus (gr. 11) en Nelius van Heerden (gr. 10). Nelius se gedig “Die Berg” en Heinrich se opstel “Bloukol” het albei ’n derde plek in hul kategorieë in die kompetisie behaal.


dié drie skryf wenpryse los

You need to be Logged In to leave a comment.