Christusfees op Robertsonbeloof om ’n hoogtepunt te wees

’n Hoogtepunt op die jaarlikse geestelike almanak is om die draai en soos gewoonlik beloof die Christusfees ’n volgepakte program met aktiwiteite vir oud en jonk. Die jongklomp kan uitsien na die jeugbyeenkomste van 6-9 September. Dié byeenkomste skop om 18:00 af met die dienste, onder leiding van ds. Riekert Botha, wat om 19:00 by…


’n Hoogtepunt op die jaarlikse geestelike almanak is om die draai en soos gewoonlik beloof die Christusfees ’n volgepakte program met aktiwiteite vir oud en jonk.

Die jongklomp kan uitsien na die jeugbyeenkomste van 6-9 September. Dié byeenkomste skop om 18:00 af met die dienste, onder leiding van ds. Riekert Botha, wat om 19:00 by die NG gemeente Robertson-Oos sal begin. Boonop sal daar ook ’n snoepie en heerlike eetgoed wees. Vir navrae, bel Elrike by 072 178 9442 of robertsonjeug@cybersmart.co.za.

Vir die skoner geslag is daar op 7 September om 10:00 ’n damesoggend by Robertson Spur, saam met Botha en Onbeskaamd. Dié geleentheid kos slegs R100 en sluit ’n heerlike ontbyt met koffie in. Daar is slegs ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar, bespreek dus betyds by Elrike of Wilma (071 309 5371).

Die manne kan uitsien na ’n manne-oggend op 8 September. Ook dié geleentheid, met Botha en Onbeskaamd, vind om 10:00 by die Spur plaas en kos R100. Elrike of Wilma kan vir navrae gebel word.

Vir die manne en vroue in uniform is daar op 9 September om 10:00 ’n spesiale geleentheid, gelei deur dr. Are van Eck en Phillepene Morkel, in die NG gemeente Robertson-Oos se saal. Vir navrae, bel Lizette by 083 299 3838 of stuur ’n e-pos na mail@lizette.co.za.

Op 10 September sal die Robertson Korrektiewe Sentrum besoek word. Enigeen wat wil saamgaan moet vooraf hul naam by Lizette opgee.

Plaaswerkers kan uitsien na ’n gratis plaaswerkersgeleentheid op 10 September om 19:00 by die NG gemeente Robertson-Oos. Dié geleentheid sal deur Kruiskerk opgeneem en later gebeeldsend word. Daar sal ook heerlike sop en broodjies bedien word. Die aand word gelei deur Freek Vermaak en Phillipene Morkel. Enigeen wat sopbestanddele of gesmeerde brood wil bydra kan dit by die NG kerk Robertson-Oos se kerkkantoor afgee. Vir navrae, stuur ’n e-pos na Ina Naudé by thornvilla@breede.co.za.

Op 11 September sal Roelou Barry en Huis Joseph Matwa sowel as Huis le Roux besoek word. Later die middag kan die kleingoed naderskuif vir ’n besoek deur Oom Karoolus en Lente wat om 16:00 in Robertson-Oos se kerksaal sal wees. Toegang is gratis. Vir navrae oor dié dag se aktiwiteite bel Lizette (083 299 3838) of stuur ’n e-pos na mail@lizette.co.za.

Musiekliefhebbers kan uitsien na die korefees wat ook op 11 September om 19:00 in Robertson-Oos se kerksaal sal plaasvind Vir navrae, bel Marvin Booysen by 072 474 7440 of stuur ’n e-pos na adlam.info@gmail.com.

Een van die hoogtepunte op die Christusfees-spyskaart, die Jesus Walk, vind op 12 September vanaf 09:00 plaas. Enigeen wat wil vlotte maak of as beamptes wil optree kan Tertius Malan by 082 821 4514 bel of stuur ’n e-pos na t.malan@telkomsa.net. Sportgeesdriftiges kan uitsien na verskeie sportaktiwiteite op die Laerskool Robertson se sportterrein, waaronder raakrugby, sokker en vlugbal. Vir navrae, bel ds. Ken (rugby) by 072 431 0323, Talita (sokker) by 084 323 0389 of Andries (vlugbal) by 082 924 7076.

Die dag se prettigheid sal afgesluit word met ’n lofprysingsaand om 19:00 by die NG gemeente Robertson-Oos. Onder die kunstenaars by dié geleentheid is Cathy Viljoen, Wanda Bam, Phillipene Morkel, Riana van Wyk, Paul Groenewald, Chanel Wink, Lizette en Len Viljoen. Vir navrae, bel Lizette by 083 299 3838 of stuur ’n e-pos na mail@lizette.co.za.

Die fees word op 13 September om 09:30 met ’n gesamentlike erediens met dr. Coenie Burger by die NG gemeente Robertson-Oos afgesluit. Vir die kleingoed is daar ’n kleuterkerk met poppekas in die kerksaal.

Stalletjies sal vir die duur van die hele fees gratis beskikbaar wees. Vir navrae, bel Andries by 082 924 7076 of stuur ’n e-pos na lidmate@ooskerk.co.za. Doen vroegtydig aansoek om teleurstelling te vermy.

Enigeen wat ’n finansiële bydrae tot die fees, wat jaarliks gratis aangebied word, wil maak kan ’n inbetaling by die Christusfees se rekening by Nedbank Robertson (bankkode) 12211000 en Rekeningnommer: 1028434170. Bydraes kan ook by gemeenteleraars ingegee word

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.