Die Robertsonse vlakkiekrieketspan, Chennai Superkids, het onlangs
koning gekraai toe hy Mumbai India met 42 lopies afgeransel het in die finale
ronde van die T20-krieketkompetisie.

India het die loot gewen en Chennai ingestuur om eerste te kolf.
Chennai se openingskolwers, Leighton Swarts en Bren Joseph, het vasgestaan voor
die penne met ’n stewige vennootskap van 45 lopies.

Brandon Erasmus en Ferisco Adams het met hul puik bydrae gesorg dat
Chennai uiteindelik met ’n uitstekende 119/7 kon spog in die 20 toegelate
boulbeurte.

Mumbai India het vasgebrand in dié kragmeting en kon slegs ’n
skamele 78 lopies aanteken voor al sy spelers uitgeknikker is, dít na Chennai
hom in ’n stadium met 27/7 aan die kort hare beetgehad het.

Dit is slegs danksy twee van Mumbai se kolwers se verbete
vasbytpoging wat tot ’n 35-lopievenootskap gelei het dat Mumbai nie met ’n
telling van 40 lopies vermorsel is nie.

Vir Chennai het Brendon Erasmus (3/10), Leighton Swarts (4/9) en
Boy Adams (2/3) uitgeblink met die bal. Dit is die tweede agtereenvolgende
seisoen dat Chennai as wenner uit die T20-stryd tree.