Die Brotherhood-buurtwag van Malmesbury het amptelik sy akkreditasie van die departement van gemeenskapsveiligheid ontvang. Die buurtwag bestaan tans uit altesaam 16 lede en bedien grootliks die hele Malmesbury, wat Wesbank en Saamstaan insluit. Die buurtwag beywer hom eerstens vir die bekamping van misdaad en geweld – veral teen vroue en kinders – en werk hand aan hand met die plaaslike polisie. Die buurtwag het vroeër ook ’n omgee-projek van stapel gestuur om na minderbevoorregtes in die gemeenskap uit te reik – in tye van nood soos in die geval van ’n brand waar kos en klere vir die slagoffers bymekaargemaak word. Gesinne wat finansieel swaar trek, word met kos gehelp. Inwoners wat op die noodgroep bygevoeg wil word, kan met Abduraghman Manie Allie by 083 559 3792, Sharief van Schalkwyk by 061 466 1687 of Monre Daniels by 073 213 3477 skakel. Agter van links staan Sharief van Schalkwyk, Marsha Maarman, Faieza Petersen, Sharnell Maarman en Justin Pietersen. Voor sit Carmen Filander, Monre Daniels, Mogamat Kaashief Allie, Laurika Daniels en Abduraghman Allie.


broederskap geakkrediteer

You need to be Logged In to leave a comment.