Kinders, inwoners en besoekers aan die kusdorp van die Swartland word uitgenooi om tussen 18:00 en 21:00 saans in aanloop tot Kersfees ’n foto saam met Kersvader en sy span helpers hier in Yzerfontein te kom neem. Die inisiatief deur die inwoners Susan Henning en haar verloofde, Mike Eveleigh, kom reeds vir jare aan namate hulle graag vreugde onder die kleinspan in die feestyd wil versprei. As diereliefhebbers het hulle vanjaar besluit om terug te ploeg in die plaaslike gemeenskap deur iets vir die Swartland-en-Weskus-dierebeskermingsvereniging te doen. Toegang tot die versierde fotohoekie is slegs moontlik met die skenk van kos vir troeteldiere. Max, die hond, het snuf in die neus gekry en besluit om self ’n draai te gaan maak om te sien wat so lekker ruik, waar hy deur Henning (links) verwelkom is. Foto: Mike Eveleigh


Bring hondekos en neem ’n foto

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article