Breyten Boekefees dié naweek in Montagu

Liefhebbers van die literatuur kan hul vere regskud vir ’n fees van die woord dié week. Die gewilde Breyten Breytenbach Boekefees skop dié Vrydag (3 Julie) in Montagu af en feesgangers kan hul tande slyp vir ’n volgepakte program. Die boekefees beloof om iets vir elke liefhebber van die geskrewe woord te bied, van voorlesings…


Liefhebbers van die literatuur kan hul vere regskud vir ’n fees van die woord dié week.

Die gewilde Breyten Breytenbach Boekefees skop dié Vrydag (3 Julie) in Montagu af en feesgangers kan hul tande slyp vir ’n volgepakte program.

Die boekefees beloof om iets vir elke liefhebber van die geskrewe woord te bied, van voorlesings tot uitstallings en ’n wye verskeidenheid van gassprekers.

Onder die gassprekers by die geleentheid tel Louise Heckl, Andries Bezuidenhout, Patricia Schonstein, Don Pinnock, Darryl David, Grant Leversha, Dine van Zyl, Sydda Essop, Leslie Howard, Lindsay Johns en Kyle Allen. Feesgangers kan ook uitsien na die Emile Minnie-vertoning.

Die fees skop Vrydag om 09:30 af met ’n uitstappie na Bonnievale se Route 62 Galery en die Bonnievale-museum vir ’n huldeblyk aan Breyten Breytenbach.

In Montagu open die feestelikheid om 10:00 met ’n kunsuitstalling in die NG kerksaal in Piet Retiefstraat.

By die Montagu Country Hotel sal ’n uitgebreide program op die spyskaart wees met onder meer praatjies oor landskapargitektuur en veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle.

Die Emile Minnie-vertoning om 18:00 in die NG kerksaal beloof om ’n hoogtepunt te wees. Toegang tot dié vertoning kos R60, terwyl Breyten-kaartjiehouers R40 sal betaal.

Saterdag om 09:30 kan feesgangers uitsien na ’n geskiedkundige wandeling deur Montagu terwyl die Saterdagmark in Euvrardpark ’n wye verskeidenheid stalletjies sal bied.

’n Wye verskeidenheid praatjies sal deur die dag gelewer word, terwyl jongmense kan uitsien na ’n jeugprogram wat om 14:00 in die NG kerksaal afskop. Toegang vir dié geleentheid is gratis.

Die fees word Sondag afgesluit met ’n Car Boot Sale vanaf 10:00 in die Montagu-museum Kunsgalery se binnehof.

Kaartjies vir die Breyten Breytenbach Boekefees kos R100 stuk (Vrydag en Saterdag) en is beskikbaar by die Montagu-toerismekantoor of by Computicket.

Vir navrae kontak Darryl Earl David by cowboys@sai.co.za of 082 576 4489 of Helen Gooderson by helengooderson@netactive.co.za of 082 886 6023

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.