Christopher Slingers is op 4 Mei in die Ashton-streekhof aan aanranding met die opset om ernstig te beseer, skuldig bevind.
Die voorval het op 27 Junie 2021 in Magnoliastraat in Ashton plaasgevind. Slingers het die woning van die slagoffer, sy gewese vriendin, betree. Sy het Slingers gevra om die perseel te verlaat, maar hy het haar met ’n bierbottel in die gesig geslaan en van die toneel af gevlug.
Hy is tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis.