Botsing op N7 eis lewe van twee

’n Saak van strafbare manslag word deur die Moorreesburg-polisie ondersoek ná die dood van twee insittendes wat in ’n botsing op die N7-snelweg betrokke was.


’n Saak van strafbare manslag word deur die Moorreesburg-polisie ondersoek ná die dood van twee insittendes wat in ’n botsing op die N7-snelweg betrokke was.

Die botsing reg van voor tussen ’n VW Golf en ’n vragmotor het Donderdagoggend (5 Desember) omstreeks 08:55 op die N7-snelweg tussen Moorreesburg en Piketberg plaasgevind, het kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, bevestig.

Een passasier wat beserings opgedoen het, het met die polisie se aankoms langs die voertuig gesit, terwyl ’n ander passasier in die voertuig vasgesit het.

Twee insittendes van dieselfde voertuig is deur nooddienspersoneel op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die vragmotor was na Piketberg onderweg, terwyl die vier insittendes van die VW Golf vir werk na Moorreesburg op pad was,” het Helfrich bygevoeg. Die presiese omstandighede en die oorsaak van die botsing is in hierdie stadium nog onbekend en word deur die Moorreesburg-polisie ondersoek.

Adriaan Parsons (18) en Raymond Jacobs (ouderdom nog onbekend) is op die toneel dood.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.