Alle paaie lei dié naweek na Bonnievale wanneer die Bonnievale Fees op 30 Oktober by Bonnievale se Outdoor Arena afskop.
Die fees, voorheen bekend as die Bonnievale Bonanza, word vanjaar nie net op ’n nuwe feesterrein aangebied nie, maar spog ook met ’n splinternuwe formaat. Die fees sal na dese ’n platform bied aan plaaslike diensbillike instansies om produkte of dienste aan te bied en só broodnodige geld in te samel.
Die fees beloof om groot pret vir die hele gesin in te hou. Benewens al die stalletjies sal daar ’n wye
verskeidenheid aktiwiteite vir die hele gesin wees. Die fees sal oudergewoonte die Vrydag (30 Oktober) met ’n potjiekoskompetisie afskop.
Saterdag word daar, onder die wakende oog van Dollie die Skaap en Meneer Donkie, weggespring word met bykans alles wat beweeg, van fietse, motorfietse en 4×4’s tot tekkies.
Vir die adrenalienslawe is daar die Fear Factor-kompetisie wat hul vreesvlakke gaan beproef.
Sondag word die Westelike Provinsie-varswatervisvangkompetisie gehou en die fees sluit met ’n erediens in die tent af.
Dagtoegang tot die fees kos R60 per persoon. Vir meer inligting, besoek die feesblad by www.bonnievalefees.co.za