Blue Birds-spelers ná een van hulle vele oorwinnings vanjaar.


Ná byna twee jaar sonder enige rugby is Bonnievale se Blue Birds-rugbyvoetbalklub nie ’n span wat onderskat moet word nie.

Dié span het só baie jong talentvolle spelers wat hulle week ná week op die speelveld uitleef en is ’n span waar sportmanskap bevorder word en broederskap aan die orde van die dag uitgebeeld word. Hierdie span het in 2018 gesak vanaf die grootuitdaagbeker na die streekuitdaagbeker en lê tans eerste op die streekuitdaag-punteleer.

Die span het vyf wedstryde agter die rug, waarvan hulle al vyf gewen het en in vier van die wedstryde vyf punte aangeteken.

Wedstrydeuitslae:
. Rangers De Hoop (1ste span 57-3; 2de span 37-5),. Buffeljagsrivier (1ste span 17-0; 2de span 15-0),. Young Goodhope (1ste span 43-32; 2de span 23-14),. Bonnievale United (derby) 31-13 (dié derby sal baie bybly nadat die span in 2019 sy bure met net 13 man geklop en in die eerste ronde van die seisoen weer geskiedenis gemaak het), en . Barrydale (1ste span 64-14; 2de span 41-6).

Die span word afgerig deur Gaewinne Niemand (hoofafrigter), James Willemse (agterlynafrigter) en Emil Lombaard (voorry-afrigter).

Al drie hierdie afrigters is oudspelers van Bonnievale Blue Bird. Die eerste span se kaptein is Jadrian Blaauw.

You need to be Logged In to leave a comment.