Bokomo vier vandeesmaand sy 100ste bestaansjaar.
Dié maatskappy is in Maart 1922 deur sewe plaaslike graanboere in die omgewing gestig met die doel om die boere se graan op ’n koöperatiewe wyse te maal. Bokomo, in samewerking met die plaaslike museum in Malmesbury, het die afgelope Vrydag gr. 4-leerders by die Christelike Privaatskool Malmesbury (CPM) besoek. Graanvlokkies en pennesakkies is onder meer uitgedeel, asook ’n aktiwiteitsboek, saamgestel deur die Malmesbury-museum. Die leerders is ook ingelig oor al die produkte en die stigting van die handelsmerk.
Malmesbury-museum is die enigste museum in Suid-Afrika wat ’n hele afdeling oor die stigting en die geskiedenis van Bokomo huisves, wat die oudste versameling afkomstig uit die stigtersdae van die handelsmerk insluit.