Marciel Hopkins sal vir ’n derde seisoen die aanbieder van Boer soek ’n vrou wees. Inskrywings vir seisoen 15 is nou oop.


Die gewilde kykNET-reeks Boer soek ’n vrou het in die afgelope 14 reekse bewys dit is wel moontlik om liefde op die kassie te vind.

Hubare boere, wat ook die kans wil waag om liefde op dié manier te vind, kan hulle nou vir die 15de reeks van die werklikheidsreeks inskryf. In 2022 se reeks, waarvan die slot-episode pas uitgesaai is, het drie uit die vyf voorste boere – Tyson, Petré en Johan – liefde as gevolg van hul deelname aan die reeks gevind.

Nou soek kykNET 2023 se oes boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel van die 15de reeks wil wees.

Die volgende reeks sal vir ’n derde keer deur Marciel Hopkins aangebied word.

Boere kan op die volgende maniere inskryf:. Besoek www.kyknet.tv waar jy of aanlyn kan inskryf of ’n inskryfvorm kan aflaai;. bel die vervaardigers, Wolflight, by 076 600 6090; of. stuur ’n e-pos-boodskap na boer@wolflightsa.com

Belangrike inligting: . Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel. . Mense wat wil deelneem, moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.. Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op Donderdag 5 Mei bereik.. Hou kykNET se sosiale media of die media dop vir die aankondiging oor 2023 se top-tien boere. Moontlike pasmaats sal dan hul beurt kry om vir die boere briewe te skryf.

Die 15de reeks sal van Januarie 2023 op kykNET uitgesaai word.

You need to be Logged In to leave a comment.