Boelies op skoolvlak is kinders wat ’n behae daarin het om ander kinders fisiek of emosioneel af te knou. Dis lafhartige optrede, want hulle sal nooit iemand groter as hulself aanvat nie.

Dit vind nie net op skoolvlak plaas nie, maar op feitlik elke vlak van die samelewing, selfs in die kerk. Op RSG het ’n kenner die volgende deurgegee oor boelies:

Die kinders wat geboelie word, ervaar dit baie sleg en dit laat gewoonlik ’n knou op hul lewe, maar die goeie nuus is, met hulp en met verloop van tyd, genees daardie emosionele wonde en kan die kinders later weer uitstyg in die samelewing. Hulle word soms die toppresteerders!

Ek wil ook glo dat hul iets leer van wat geskryf staan in Mat. 7:12 – “Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen.”

Navorsing toon ook dat terwyl diegene wat geboelie is, uiteindelik in die lewe kan uitstyg, die boelies daarenteen in die tronke beland. As laasgenoemde gedrag nie verandering ondergaan nie, word hulle die misdadigers van die samelewing.

Voordat ons ons verlekker in dié stukkie inligting, laat ons liewer bid vir die boelies en hul gedrag

You need to be Logged In to leave a comment.