Die Malmesbury-biblioteek se boekklub ruk sy vere reg vir die heel eerste boekbekendstelling van 2025. Die boek, Ontvoer, sal op 27 Februarie om 18:00 by die biblioteek se perseel bekendgestel word. Daniël Lötter sal in gesprek wees met die skrywer van die boek, Constant van der Merwe. Kostes is R60 per persoon en sluit ligte verversings in. Bespreek vroegtydig by Talita by 022 487 9439.

You need to be Logged In to leave a comment.