Danny September, bestuurder van Langeberg Children Group, het Nedbank vir die skenking van ’n splinternuwe klaskamer bedank. Die klaskamer word gebruik vir die organisasie se naskoolse leesprojek. September moedig ook die gemeenskap van Robertson aan om enige ou boeke aan die projek te skenk. Skakel 060 433 3192 vir nog inligting.